David Lynch | |
Lynch in 2009.
| |
Geboortenaam | David Keith Lynch |
---|---|
Geboorte | 20 Januarie 1946 Missoula, Montana, VSA |
Beroep(e) | Regisseur, draaiboekskrywer, vervaardiger, skilder, musikant |
Aktiewe jare | 1966-tans |
Rolprente | Twin Peaks, Mulholland Drive, Blue Velvet, The Elephant Man, Eraserhead |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
David Keith Lynch (gebore op 20 Januarie 1946) is ’n Amerikaanse regisseur, draaiboekskrywer, vervaardiger, skilder, musikant en romanskrywer. Hy is bekend vir sy surrealistiese rolprente en unieke styl. Die surrealistiese en, in baie gevalle, gewelddadige elemente in sy werk ontstel dikwels gehore en laat hulle aanstoot neem.[1]